Vertel ons van jou juweel
Kontak ons om ’n evaluering by ons Knysna-werkswinkel te reël. ’n Beskrywing en foto’s help ons om voor te berei, maar ons moet die juwele persoonlik ondersoek voordat ons ’n aanbod bevestig.
ONS KOOP GOUE JUWELE · KNYSNA
Juwele wat jy nie meer dra nie, kan steeds waarde hê vir dit wat voorlê. By Goldsmiths in Thesen Harbour Town, Knysna, kan jy jou goue juwele verkoop of die vasgestelde waarde as krediet gebruik om ’n nuwe juweel te koop of saam met ons te laat ontwerp en maak. Ons ervare, gelisensieerde span verduidelik die evaluering en hoe ons aanbod saamgestel is, sodat jy die beste gebruik van jou juwele kan maak, sonder koste of verpligting.
Reël ’n evaluering van jou goud Besoek ons Knysna-ateljee
DIE GOLDSMITHS-BENADERING
Kontak ons om ’n evaluering by ons Knysna-werkswinkel te reël. ’n Beskrywing en foto’s help ons om voor te berei, maar ons moet die juwele persoonlik ondersoek voordat ons ’n aanbod bevestig.
Ons ondersoek die metaal, gewig, suiwerheid en tersaaklike komponente en verduidelik hoe dit, saam met die huidige marktoestande, ons aanbod bepaal. Diamante en edelstene word individueel as deel van die juweel beoordeel.
Jy is welkom om vrae te vra en tyd te neem om die aanbod te oorweeg. Indien jy besluit om voort te gaan, bevestig ons die bedrag en betalingsreëlings met jou. Die evaluering verplig jou nie om te verkoop nie.
Diamante en edelstene word individueel as deel van elke juweel beoordeel. Ons koop nie munte of goudstawe nie. Indien jy ’n aanbod aanvaar, geskied betaling per elektroniese bankoorplasing. Om ’n verkoop af te handel, benodig ons ’n afskrif van jou identiteitsdokument en bewys van woonadres.
Die beste keuse hang af van wat jy nou met jou juwele wil bereik. Jy kan stukke wat jy nie meer dra nie verkoop en betaling ontvang, of die ooreengekome waarde gebruik vir ’n juweel wat jy by Goldsmiths gekies het. As jy iets meer persoonlik in gedagte het, kan daardie waarde ook as krediet dien vir ’n unieke ontwerp wat ons in die werkswinkel vervaardig. Ons verduidelik die evaluering, bevestig die krediet en enige uitstaande bedrag en kom die besonderhede met jou ooreen voordat jy besluit. Geskikte edelstene kan ook vir ’n nuwe ontwerp behou word.
Goudaankope is een van die dienste wat ons aanbied, naas konsultasie, ontwerp en vervaardiging. Ons eerste taak is om te verstaan wat jy wil bereik en jou ’n sinvolle evaluering, ’n billike aanbod en die inligting te gee wat jy nodig het om met geruste hart te besluit.
ONS HELP JOU KIES
’n Foto help ons om te verstaan wat jy het, maar kan nie die metaal se suiwerheid, gewig of ’n edelsteen se identiteit en gehalte bepaal nie. ’n Finale koopaanbod volg ná beoordeling; ’n koopaanbod verskil van ’n versekeringswaardasie.
Nee. Jy kan die aanbod oorweeg en vrae vra voordat jy besluit. Sê asseblief as ’n juweel sentimentele waarde het, sodat ons herontwerp as alternatief kan bespreek.
KOM ONS PRAAT OOR JOU JUWEEL
Vertel ons wat jy in gedagte het. Ons help jou om die volgende stap te beplan.
+27 44 382 5026+27 64 520 9762